Vuurwoord

"Dit sê die Seun van God, wat oë het soos 'n vlammende vuur en voete soos gloeiende koper." 🔥

Op 2:18 AFR20

Vuurwoord is 'n Afrikaanse kerk gemeenskap in die Oos-Kaap.

Byeenkomste in Boesmansriviermond

 Sondae 09h00 - 11h00

  2nd Avenue, Riversbend (By Sky Gallery)

 E-pos - kontak@vuurwoord.net

 WhatsApp - 076 622 3368

DIE VUURWOORD TOEP

Ons het 'n behoefte om van dag tot dag te funksioneer en te groei as 'n gemeenskap van gelowiges en nie net van Sondag tot Sondag nie. Ons ervaar dat sosiale media nie geskik is hiervoor nie. Ons is besig om ons eie mobiele toep te ontwikkel vir hierdie doel.

WAT KAN DIE TOEP DOEN?

- Die Vuurwoord toep stel ons in staat om te groei as 'n Christelike gemeenskap en daaglikse samesyn te versterk.
- Dit is 'n Christelike sosiale platform vir daaglikse gemeenskap van gelowiges (soos Facebook).
- Dit fasiliteer die prediking van die Woord in oudio, video, en geskrewe formaat.
- Dit fasiliteer aanlyn gebedsbyeenkomste en groepsbesprekings (soos Zoom).
- Dit is 'n LMS (Learning Management System / Leerbestuurstelsel) vir aanlyn Bybelskool klasse.
- Die gebeure kalender help met die beplanning en bevordering van aktiwiteite en bedieninge.
- Die mobiele toep stuur tydige kennisgewings van aktiwiteite na lidmate op hul fone.

WIE IS ONS?

Vuurwoord is gestig op 14 September 2025 in Boesmansriviermond in die Oos-Kaap. Ons is in noue verhouding met ander plaaslike kerke in die onmiddelike omgewing en elders.

Vuurwoord word gelei deur Pierre en Sunelle le Roux en hulle span.

ONS WAARDES:

1. WOORD
- Ons bring die Goeie Nuus van Jesus Christus en sy Koninkryk en luister wat Hy vir ons sê om te doen.

2. AANBID
- Ons beoefen 'n leefstyl van aanbidding in jou binnekamer, jou sitkamer, en saam in die Vader se troonkamer.

3. WANDEL
- Ons bevorder 'n intieme wandel en salwing met die Heilige Gees om jou te bemagtig vir die lewe en bediening.

4. BEDIEN
- Ons bemoedig en rus gelowiges toe om hul bedieninge te vervul in die liggaam van Christus en die samelewing.

SLUIT AAN:

- Is jy opsoek na 'n Afrikaanse kerk wat die Vader in gees en waarheid aanbid?
- Wil jy daagliks saam met mede-gelowiges in 'n intieme verhouding met Here Jesus wandel en luister na wat Hy sê... en dit doen?
- Brand jou hart dat God se koninkryk kom en Sy wil op aarde geskied net soos in die hemel?
- Wil jy jou plek in die liggaam van Christus inneem en jou bediening vervul?

Indien wel so, registreer gerus hier onder en ons sal jou op hoogte hou van ons aktiwiteite.

Volg ons op sosiale media om te sien waarmee ons besig is en hoe jy ons kan help bou.